Oasis Vakansie Oord - Uvongo, Kwazulu Natal
Kamp & Leef Gekose Oord
Welkom by Oasis woonwapark, kampterrein en vakansie huisies. Ons pragtige, rustige oord is geleë in Uvongo, op die genotvolle Kwazulu-Natal laer-Suidkus. Gerieflik onder groot skaduryke bome, beskut van die algemene publiek en binne 600m van die beskermde strand van Uvongo. Die meeste van ons 33 staanplekke is op eie terrassies, dit maak kampeer net soveel meer plesierig om te weet dat jy nie oor jou buurman se tent gaan struikel nie. Elke staanplek het 15amp elektriese punte en waterkrane naby geleë. Die staanplekke is met gras bedek en gelyk, volop skadu, braai geriewe en ons paaie is geteer vir jou gerief.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.